Lange Carr & Wessels Ing. is trots om die geleentheid bekend te maak vir die koop van ‘n gevestigde
rosyntjieplaas wat geleë is op die oewers van die Oranjerivier.
Die plaas beslaan ongeveer 45 hektaar en kom met 20 hektaar
geregistreerde waterregte. Dit sal verkoop word met die volgende
permanente verbeterings: 17 hektaar bestaande wingerde, ‘n plaashuis,
lusernlande, buitegeboue en ‘n droogbaan.
Die verkoop is onderhewig aan BTW teen die heersende koers en sal per tender geskied.
Vir meer inligting, kontak gerus:
Stefan Niemann:
Sel: 076 162 1791
Epos: stefan@lcw.co.za
Jaco van den Heever
Sel: 082 558 7182
Epos: jaco@dtvdh.co.za
Nessun commento:
Posta un commento